Karwas uitgestel
Nebuliseerder
SUIDERKRUIS-GEMEENTE
OGGENDDIENS: 2007
LITURGIE
WIE |
WAT |
DETAIL |
BORD/MUSIEK |
|
Vooraf musiek |
|
Afkondig/program |
Liturg |
Welkom & groet |
|
welkom-1 |
Liturg |
Gebed |
|
Stilgebed- |
Liturg |
Oproep tot lof |
“Seun met hande in lug” Ps100 “damn sad” |
1471 |
MG |
Lof |
Borrelliedjie (FLAM 107) . . 693 Oom Alden Botha Ek het hande, ek het voete . . . 712 Jesus het die kinders lief (KSL77) . . . 838 Kinders KEURSPEL 8 |
693 1498 712 838 1497 DVD-8 |
Liturg |
Oproep tot aanbidding |
Elke kind wat gebore word ‘n geskenk...oneindige moontlikhede... |
1499 |
MG |
Aanbidding |
Here Jesus ek is klein(Ges 270) . .794 "Lord, pour out Your mercy upon our land instead of the judgement we all deserve. We are pleading for Your grace because we think we have earned it. We come because our hearts break for the brokenness of our nation's people. And we know your are a God who is merciful. Please be slow to anger for what we are doing to each other.(Stormi Omartian). Please, save our land because what happened to this beautiful child has become one of the norms in our lovely South Africa. Father, we believe in the power of prayer. Only You can save this country. In the name of Jesus. Amen. Vader ons ween . . .. . 1056 Laat Heer U vrede .284 |
794 1056 284 |
|
|
Record aan |
Klank: Record |
Ouderling |
Voorbidding |
|
Stilgebed- |
Liturg |
Skriflesing |
Mat 18:1-10 In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: "Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?" Hy het ‘n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan... |
Skrif- |
Liturg |
Preek |
Waar is Jesus as kinders seerkry? |
Preek |
Almal |
Toewyding & gebed |
|
Stilgebed- |
|
|
Record af |
Klank: Stop Record |
Diakens |
Offergawe |
Afkondings op bord |
Dankoffers / afkondig |
Liturg |
Afkondigings |
|
|
MG |
Lied |
Beeld van God (Flam 41) . . .665 |
665 |
Liturg |
Seën |
|
|
PREEKSKETS
Hoekom raak hierdie ding van Sheldean Human ons almal?
Omdat dit net sowel met ons eie kinders kon gebeur het.
• In haar seerkry sien ons weer die seerkry van alle kinders.
• In sy wrede dade sien ons weer die realiteit van die stukkende wêreld waarin ons woon.
WAAR IS GOD WANNEER KINDERS SEERKRY?
Waar is God wanneer ‘n ongebore baba geaborteer word?
Waar is God wanneer ‘n baba op straat agtergelaat word?
Waar is God as ‘n klein dogtertjie gemolesteer word.
Waar is God wanneer ‘n laerskoolkind verkrag en vermoor word?
Waar is God wanneer ‘n skoolseun pap geslaan word in die badkamers?
Waar is God wanneer kinders seerkry?
• Sien Hy dit nie?
• Keur Hy dit goed?
• Sien Hy dit en doen niks daaraan nie?
• Laat Hy maar net begaan?
• Draai Hy Sy kop weg?
SHELDEAN HUMAN
Afgelope 3 weke: almal gekok deur die verhaal van Shaldean Human.
• Vir 3 weke het ons gehoop sy lewe
• Toe kom die skokkende ontdekking: Sheldean is dood.
• Haar verweerde liggaam is in ‘n pyp in Pretoria gevind.
Vrydag het baie mense pienk en blou gedra: teken van verset teen misdaad teen kinders.
• Hoekom doen die regering nie iets nie?
• Vraag gaan nog bietjie dieper: Hoekom doen God nie iets nie?
God is alomteenwoordig: Hy was daar - hoekom doen Hy niks?
Waarom keer Hy nie aborsies nie?
Waarom gryp Hy nie in wanneer ‘n klein dogtertjie verkrag word nie?
Waarom beskerm Hy nie ‘n klein seuntjie op die speelgrond teen ander seuntjies nie.
DIE MISTERIE VAN LYDING / GOD SE WIL?
Die Human gesin, 07/03/2007, Amanda Buitendag
Daar is n helder sterretjie wat skyn, n pragtige nuwe rosie in Sy tuin. Julle verlies is groot, en in hierdie tyd van jul nood, sal Hy vir julle krag gee,om hierdeur te tree. Baie sterkte in hierdie moeilike tyd... Amanda Buitendag.
Mooiste blommetjie, 07/03/2007, Karin Fourie
Ek bid dat die Here deur die tyd van hartseer julle sal bystaan en die krag sal gee om aan te gaan. My hart breek vir julle in julle tyd van nood maar onthou sy is darem in 'n beter plek en God pluk altyd sy mooiste blomme eerste en Sheadean is een van hulle. Sterkte Karin Fourie
Sheldean God se mooiste blom, 07/03/2007, ANNETJIE ESTERHUIZEN
Ons innige meegevoel met Sheldean se familie ons bid vir vertroosting en voel dit saam met die familie God maak nooit 'n fout nie hy pluk net altyd sy mooiste blom sterkte Die Esterhuizen gesin
Mat 18:14 So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie."
• God wil nie eers dat kinders as kinders sterf nie
• Jes 65
Verkeie boeke in die Bybel:
• Job
• Psalms
• Prediker
Eerlik: Ons het nie ‘n antwoord vir die vraag oor lyding nie.
DIE BYBEL TROOS ONS WEL MET ‘N PAAR DINGE:
1. GOD WEET VAN ALLES WAT GEBEUR
Mat 18:10 "Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurigdeur by my hemelse Vader is.
• Tyd van Jesus: uitgwerkte leer oor engele.
• Elke nasie het sy engel
• Elke natuurmag het sy engel.
• Selfs so ver gegaan as dat elke lewende dingetjie het sy engel.
• Maar nou gaan Jesus ‘n stappie verder:
• Hulle engele is gedurigdeur by My Vader.
• Hulle engele het direkte toegang tot die Vader.
• Hulle is dag en nag voor die Vader.
• Hulle vertel van alles wat gebeur....
• Hulle vertel van alles wat hulle nodig het....
Natuurlik is dit net ‘n beeld: (maak ook nie saak of dit is nie).
• Die punt is: God weet 24 uur ‘n dag wat met hulle gebeur.
• Hy hoor 24 uur ‘n dag wat hulle nodig het.
• Hy hoor as hulle seerkry.
• Hy hoor as hulle huil.
• Hy hoor as hulle om hulp roep....
Dit bring ons by die 2e punt:
2. GOD IS BY KINDERS AS HULLE SEERKRY
Hebr 13:5b “Ek sal jou nooit begwe en jou nooit verlaat nie.”
Mat 28:20 “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”
• Was hierdie woorde net vir die dissipels bedoel?
• Of net vir die grootmense?
• Of miskien vir kinders ook?
Waar is God as kinders seerkry?
• By hulle
• Saam met hulle
• Om hulle
Ds Reon gebruik dikwels daai mooi seëngroet...
• God is by julle, bokant julle, onder julle, langs julle, voor julle...
Waar was die Here toe Sheldean gesterf het?
• By haar om haar krag te gee
• Onder haar om haar te vang as sy val...
• In haar om haar te versterk...
• En toe sy sterf: voor haar, om die pad te wys.
Hy was by Petrus toe hy gesterf het...
Hy was by Johannes toe sy kop afgekap is...
Hy was by my pa toe ek te laat was om daar te wees...
“Ek sal jou NOOIT begewe en jou nooit verlaat nie.”
3. GOD HET ‘N SPESIALE PLEK VIR KINDERS
Weet julle: as die Here aan die wêreld dink, dink Hy altyd aan groot en klein.
Hy sien nie net die hen raak nie: Hy sien altyd ook die kuikens.
Gaan lees bietjie weer die boek Job:
Job 4:11 gaan selfs die sterkste leeu dood van die honger en kom sy kleintjies om."
Job 21:11 Hulle laat hulle kindertjies los rondloop soos kleinvee, hulle kleintjies baljaar vrolik rond.
Job 38:32 Kan jy die sterre op hulle tyd laat opkom, kan jy die Beer met sy kleintjies laat uitkom?
Job 38:41 (39:3) Wie gee vir ‘n kraai die kos wat hy nodig het wanneer sy kleintjies om hulp roep na God, rondskarrel vir iets om te eet?
Job 39:1 (39:4) Ken jy die tyd wanneer die klipspringers lam? Staan jy en kyk waar die wildsbokke kleintjies kry?
God is liries oor al Sy kleintjies: mense, diere, voëls...
Psa 84:3 (84:4) Selfs ‘n mossie het ‘n nes en ‘n swaeltjie ‘n plek vir haar kleintjies daar by u altare, Here, Almagtige, my Koning en my God!
By die altaar van die Here is daar ‘n plekkie vir die swaeltjie se kleintjies ook.
Mat 18
In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: "Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?" Hy het ‘n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan...
Dan roep Jesus ‘n kind nader en laat die kind tussen hulle staan.
• Ou tradisie: Die kind was Ignatius van Antiochië.
• Skrywer en martelaar.
• Sy se van (Theophoros) beteken “Deur God gedra” - omdat Hy op Jesus se knie gesit het.
• Ander tradisie dat dit Petrus se kind was (Mat 8:14, 1 Kor 9:5)
• Petrus vra wie is die belangrikste - God roep sy eie kind...
Belangrik:
• Een van die dissipels vra: Wie is die belangrikste?
• Jesus roep kindjie nader en sê: julle moet so word.
• En wanneer hierdie kind op sy knie sit en die Here vir hierdie kind kyk, is dit asof Hy Sy diepste gevoelens met ons deel.
• “Wee die een wat so kind laat struikel.”
• “Wee die een wat so kind seermaak”
4. GOD SELF SAL WRAAK NEEM
Boodskappe op Beeld se blad:
Sheldean se familie., 07/03/2007, Paul de Jager
Ek self is 'n ouer en ek kan indink waardeur julle gaan. Alhoewel ek nie regtig woorde in die situasie kan vind nie hoop ek regtig dat God julle sal dra deur die tyd en dat hy julle sal help om berusting te vind. Ek hoop die vark wat dit gedoen het kry dieselfde medisyne in die tronk en sy lewe sal een lang hel wees. En mag sy gewete hom later begin pla tot en met die dag van sy dood want nou glo ek nie hy het 'n gewete nie. Ek sien elke nag Sheldean se gesiggie voor my en kan hoor hoe sy miskien geskreeu en gehuil het............
‘N Mens kan verstaan dat mense so voel.
• Kan verstaan dat mense buite die hof saamkom en uitroep: “Hang hom!”
• Sommige briewe op die internet...
• Vloek
• Haat
• Agressie
En tog weet ons dat die wraak ons nie toekom nie.
Sheldean, 07/03/2007, Mari-Jeane
Daar is niks wat 'n mens kan sê wat julle pyn en seer sal ligter maak nie. Die enigste vertrosting wat julle/ons wel het, as dit voor God se Oordeel NIKS ongesiens verby gaan nie! En juis hierom sal daar met die wat Sy kinders seer maak, afgereken word!
Jesus sê:
Mat 18:6 "Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ‘n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.
Mar 9:42 "Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig laat word, vir hom is dit baie beter as ‘n groot meulsteen aan sy nek vasgemaak en hy in die see gegooi word.
Luk 17:2 So ‘n mens kan eerder met ‘n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies ‘n struikelblok word.
God sal wraak neem.
Heb 10:31 “Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val.”
Iemand skryf:
Liewe Sheldean, mag jou pragtige gesiggie nou vir altyd na die son gedraai wees en ons weet dat jy glimlag en verskriklik gelukkig is by Liewe Jesus, en dat jy graag vir Mamma en Pappa en al jou maatjies wil skreeu dat jy gelukkig is en dat hulle nie moet huil nie. Aan die Human gesin: Dit is 'n verskriklike aaklige ding wat met jul pragkind gebeur het, maar die Here slaap nie, en die man wat verantwoordelik is vir haar dood, sal sy skuld betaal op aarde, en eendag as hy Bo by die Poorte van die Hemele kom sal hy sy kop in skaamte voor Die Vader en Sheldean moet laat sak, en sy saak stel.
Die straf op aarde is klein teen die straf wat wag hierna:
Mar 9:42 "Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig laat word, vir hom is dit baie beter as ‘n groot meulsteen aan sy nek vasgemaak en hy in die see gegooi word.
• Elke huis het ‘n meulsteen gehad - twee groot klippe wat gebruik is om die koring te maal - boonste klip het dikwels ‘n soort handvatsel gehad sodat die vrouens die koring kon maal.
• Hier word egter nie van so ‘n maalklip gepraat nie.
• Die woord “mulos onikos” dui op ‘n meulsteen wat so groot was dat ‘n esel dit getrek het - dis te swaar vir ‘n mens.
• Jesus sê: dit sou ‘n makliker straf wees om met so maalklip om jou nek in die diepsee gegooi te word.
• Vir die Jode was die diepsee skrikwekkend - plek van onheil.
• En verdrinking was ‘n verskriklike straf.
• Josefus skryf: Tydens Galilese opstand het die Galileërs die volgelinge van Herodus in die see van Galilea verdrink.
5. KINDERS SE TRANE WORD OOK AFGEDROOG
Open 21:3
Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê: "Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan." Toe sê Hy wat op die troon sit: "Kyk, Ek maak alles nuut."
Ten slotte:
SHELDEAN HUMAN, 07/03/2007, Elize Mare
So baie vra, maar geen antwoorde. Dit is 'n sinnelose/hartelose daad teen 'n onskuldige kind van 7 jaar. Ons sal dalk binnekort/of nooit die rede hiervoor kry maar die seer sal daar wees vir jare hierna. Van een ding kan ons verseker wees, sy sit aan die regterhand van ons Hemelse Vader, en daar is geen verdere pyn en hartseer vir haar nie. My meegevoel aan 'n gebroke familie wat moet agterbly en sin maak van hierdie tragedie en onthou Sheldean vir die pragtige en liefdevolle kind wat sy was, en wat deur ons Hemelse Vader aan julle geleen was.
'n gedig vir sheldean, 07/03/2007, Jackie Smith
Sheldean
Met jou blonde haartjies
En daai pot blou oë Kan mens sien
Jy het net in die goeie geglo
Jou glimlaggie so fyn
Jou fototjie so onskuldig
Hoe kon iemand die pragtige jy
So onreinig?
Jy het dit nie verdien nie
Jou lewe het skaars begin
Toe hierdie monster
Hom in jou lewe inwurm
Maar Sheldeantjie hy sal boet
Vir sy gruwel daad sal hy vergoed
Ons sal saamstaan ons sal veg
Ons sal baklei vir wat is reg
En daar waar jy nou
Langs God in die hemel sit
Weet dat die hele wêreld
Vir jou gesin sal bid
Sheldean ons het jou nie geken nie
Jy is 'n fototjie in my e-pos
Maar ek weet dat Die Here
Jou in die hemel van alle pyn verlos
Ons gaan jou mis
Die engel kind
En In in my hart
Hoop ek dat jou gesin.. hul vrede sal vind.
Jackie Smith
Pretoria